Die algehele ineenstorting van die kragnetwerk is onwaarskynlik, het president Cyril Ramaphosa Woensdag tydens die begrotingsdebat van die presidensie gesê.

Ramaphosa en dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het gesê die aanvraag na elektrisiteit in die komende wintermaande sal druk op die netwerk plaas.

Ramaphosa het gesê verskeie beskermingsmaatreëls is in plek om ‘n ineenstorting te voorkom.

Beurtkrag stel Eskom in staat om die kragstelsel te alle tye te verseker.

Ramokgopa het gesê hoër fase van beurtkrag is moontlik maar dat daar voorsorgmaatreëls is soos om in die volgende 90 dae elektrisiteit aan te koop van die Nacala-kragskip in Mosambiek en hidro-elektrisiteit by Lesotho.

Daar is ook ‘n moontlikheid om groen hidro-elektrisiteit by Namibië te koop.

Ramokgopa het gesê al die ingrypings sal 4 200 megawatt se bykomende elektrisiteit in die volgende drie maande lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×