President Cyril Ramaphosa gaan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette – oftewel Bela – Vrydagoggend by die Uniegebou in Pretoria onderteken.
SABC-nuus berig die Presidensie sê die wetsontwerp het ten doel om die bestuur van die onderwyssektor te versterk. Politieke partye is egter verdeeld oor die wetsontwerp.
LEES MEER: Bela: Solidariteit beloof om vir onderwysers te veg
Die DA sê die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig.
LEES MEER: Dreigende regstappe as Ramaphosa die onderwyswetsontwerp onderteken
Ander politieke partye, soos die PAC en MK-party, het die wetsontwerp verwelkom. Die MK-party sê dit is ‘n deurslaggewende stap vir gehalte- en inklusiewe onderwys vir alle Suid-Afrikaanse leerders.