President Cyril Ramaphosa het bespiegelings verwerp dat betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA wankelend is. Dit volg in reaksie op berigte dat Amerikaanse beleidmakers ‘n wetsontwerp bespreek wat die algehele hersiening van die twee lande se bilaterale betrekkinge behels.

Die wetsontwerp bevraagteken ook Suid-Afrika se buitelandse beleidstandpunte. Ramaphosa hou Maandag in sy weeklikse nuusbrief vol dat die wetsontwerp ‘n geleentheid bied vir samesprekings tussen SA en die VSA om enige onduidelikhede uit die weg te ruim. Volgens Ramaphosa het Suid-Afrika en Amerika ‘n goeie verhouding, wat selfs gereed is vir verdere uitbreiding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×