President Cyril Ramaphosa het gister tydens sy staatsbesoek in Katar aangekondig dat Suid-Afrika stappe geneem het om ‘n formele klag teen die Israeliese regering by die Internasionale Strafhof, of IS, in te dien vir die pleeg van oorlogsmisdade. Ramaphosa is tans in Katar vir ‘n staatsbesoek om handelbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die Midde-Ooste te bevorder, aldus Netwerk 24. Ramaphosa het gesê baie mense is ontsteld oor wat in Gaza gebeur en Suid-Afrika het by ander lande en organisasies aangesluit om ‘n beroep op die IS te doen om ondersoek in te stel. Wat voor almal se oë afspeel, is oorlogsmisdade. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika kyk ook na maniere om die Palestyne wat in die Kruisvuur vasgevang is, te ondersteun.