President Cyril Ramaphosa het alarm gelui oor die krisis in Suid-Afrika se onderwysstelsel.
Central News berig ’n verslag toon 80% van Graad 3-leerlinge kan nie lees met begrip nie nie, selfs nie in hul moedertaal nie.
In Ramaphosa se weeklikse nuusbrief Maandag het hy dringende aksie gevra om vroeë leer te versterk en dit as die beste belegging in die land se toekoms beskryf.
Hy het die verskynsel as ’n groot uitdaging vir die land se onderwysstelsel beskryf, wat steeds belemmer word deur die nalatenskap van Bantoe-onderwys.
Ramaphosa het die belangrikheid van Vroeë Kind Ontwikkeling (VKO) beklemtoon as die sleutel tot die verbetering van leesvaardighede en die voorbereiding van kinders vir verdere akademiese sukses.