President Cyril Ramaphosa sê hy is diep geskok oor die poging om Donald Trump te vermoor. Aldus die president onderstreep die sluipmoordpoging die gevaar van politieke onverdraagsaamheid en ekstremisme.
Die omstander wat doodgeskiet is toe die 20-jarige Thomas Crooks ‘n sluipmoordpoging op Donald Trump loods, het sy lyf oor sy gesinslede gewerp om hulle teen die koëelreën te beskerm. BBC News berig die 50-jarige Corey Comperatore was Saterdag saam met vrou en kinders by Trump se veldtogbyeenkoms in Pennsylvania. Die oorledene het onder meer vrywillig as brandweerhoof gedien. Comperatore het sy lewe afgelê om sy vrou en kinders te beskerm. Hy word alom as held beskou.