Bloemfontein-maatskappye in die staalbedryf is gereed vir ArcelorMittal se sluiting.

Volgens News24 is President Cyril Ramaphosa egter nie so gelukkig nie.

Ramaphosa het ’n droom van R4.8 triljoen se infrastruktuurprojekte.

Dit sluit kragtorings, spoorlyne en nuwe paaie in, wat hy glo die land in ’n “konstruksieterrein” sal verander.

ArcelorMittal, een van Suid-Afrika se grootste staalverskaffers, sê swak spoorvervoer, hoë elektrisiteitskoste en regeringsbeleid het hul besluit beïnvloed om te sluit.

Rosastad-nuus het gister berig dat Reinforcing Steel Contractors en Macsteel sê dat die impak op die produkte reeks wat hulle in Bloemfontein verskaf, reeds verwerk is en nie kliënte negatief sal beïnvloed nie.

LEES MEER: Bloemfontein is viirbereid indien Suid-Afrika se hoofstaalmagnaat sluit

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×