Terwyl president Cyril Ramaphosa nie deur wetgewing gebind is om sy kabinet binne ‘n voorgeskrewe tydperk aan te wys nie, is voete sleep hiermee beslis nie in die beste belang van die land nie. Dit is veral beleggers wat op hete kole wag om te sien aan wie sekere sleutelposisies toegewys word.
Hoewel daar bespiegeling is dat Ramaphosa moontlik vanaand sy hand kan wys, sê ‘n bron in die binnekring, die waarskynlikheid is groter dat dit eers teen Sondag sal gebeur. Een rede hiervoor, is dat DA-hoës eers koppe bymekaar sal moet sit, na afloop van vandag se gesprek tussen die DA-leier, John Steenhuisen en president Ramaphosa.