President Cyril Ramaphosa het gister die opening van sy Menseregtedag-toespraak in De Aar, Noord-Kaap, gebruik om na die EFF se dag van protes van Maandag te kap.

Ramaphosa sê Menseregtedag is belangrik op die kalender van Suid-Afrika.

Suid-Afrikaners moet trots wees op die bou van ‘n demokratiese samelewing al is daar partye wat ander se regte wil misbruik, hulle wil intimideer of verplig om aan betogings deel te neem.

Hy sê hy is bly dat die meerderheid Suid-Afrikaners nie gehoor gegee het aan die oproep van die EFF nie, maar hulle regte as Suid-Afrikaners uitgeoefen het.

Die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, het ook die skare by De Aar toegespreek.

Saul sê dit is belangrik vir Suid-Afrikaners om hul menseregte te vier juis weens die verlede van die land en dat vryheid ingeperk was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×