Ramaphosa loof die media se werk tydens die Covid-19-pandemie

 Ramaphosa loof die media se werk tydens die Covid-19-pandemie

President Cyril Ramaphosa sê die land se media het nie net sy tradisionele waghond-rol vervul nie, maar ook sy burgerlike plig gedoen ter ondersteuning van die nasionale poging om die koronavirus-pandemie te bekamp.

Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief sommige joernaliste het hulle waghond-rol vervul deur korrupsie en wanadministrasie in verband met die pandemie uit te snuffel.

Hy sê dis kommerwekkend dat die media, gegewe die belangrike rol wat hy speel, soos die meeste ander sektore deur die koronavirus-krisis gedwing is om werknemers by mediahuise af te lê.

Die president beklemtoon dat die land meer joernaliste nodig het en nie minder nie.

LeandreAdmin@