President Cyril Ramaphosa het Eskom geloof vir die verbeterde prestasie in elektrisiteitsopwekking, wat beurtkrag tans in toom hou. Suid-Afrika het Vrydag 100 dae sonder beurtkrag gemerk.

Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê die mylpaal moedig meer pogings aan om ‘n veilige elektrisiteitstoevoer vir nou en die toekoms te verseker. Die President waarsku egter dat die elektrisiteitsnetwerk kwesbaar bly. Ramaphosa doen ‘n beroep op volgehoue ondersteuning vir Eskom en sy personeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×