President Cyril Ramaphosa is by magte om senior aanstellings in die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, terug te trek wat deur oudpres Jacob Zuma gemaak is, het ‘n meerderheid van die konstitusionele hofbevind. Hoofregter Raymond Zondo het egter van hulle verskil, berig Netwerk 24. Landdros Ron Simphiwe Mncwabe en aanklaer Raymond Mathenjwa het Ramaphosa se besluit betwis om hul aanstellings as direkteure van Openbare Vervolging, of DOV, wat in Zuma se laaste maande in sy amp gedoen is, terug te trek. Die konstitusionale hof het bevind die destydse hoof van die NVG, Shaun Abrahams, wat albei amptenare in kennis gestel het van hul aanstellings, nie by magte was om dit te doen nie. Die hof het bevind dat Ramaphosa se besluit om die aanstellings terug te trek, gegrond is op bewyse wat rasioneel en wettig is,
