President Cyril Ramaphosa het die wetgewing oor die sogenaamde tweepot-pensioenstelsel onderteken.
Die wysigingswet op Pensioenfondse pas die wetgewing aan om vir die tweepot-stelsel voorsiening te maak, ingevolge waarvan mense toegang kan kry tot spaargeld uit hulle pensioenfonds – sonder om te bedank.
Die voorgestelde datum vir die inwerkingtreding van die stelsel is 1 September.