President Cyril Ramaphosa het op die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om finansiële steun aan Suid-Afrika te staak gereageer.
The Citizen berig dit kom ná die onlangse ondertekening van die Onteieningswet.
Rosestad-nuus het vroeër berig Trump gaan Suid-Afrika se finansiering afsny aangesien sekere klasse Suid-Afrikaners, volgens hom, baie sleg behandel word.
LEES MEER: Trump gaan Suid-Afrika se finansiering afsny
Volgens The Citizen het Ramaphosa Maandag ontken grond is afgeneem, en beklemtoon Suid-Afrika is ’n grondwetlike demokrasie.
Hy sien uit na gesprekke met die VSA oor grondhervorming.
Hy het gesê Amerika bly ’n belangrike handelsvennoot, maar dat befondsing, buiten PEPFAR, minimaal is.
Trump het die Onteieningswet as ’n menseregteskending beskryf, terwyl Ramaphosa sê dit voldoen aan die Grondwet.
LUISTER HIER: