President Cyril Ramaphosa het Woensdagmiddag ’n noodkabinetvergadering belê nadat die DA aan minister van finansies, Enoch Godongwana, gesê het dat hulle die begroting sal verwerp as BTW verhoog word.
News24 berig die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, het bevestig dat Ramaphosa die vergadering gereël het.
Volgens die mediahuis het DA-leiers, insluitend John Steenhuisen, gewaarsku dat hulle nie die begroting sal steun indien belasting verhoog word nie.
Dit plaas die ANC, met slegs 40% steun in die parlement, in ’n moeilike posisie