President Cyril Ramaphosa het sy hartseer oor die dood van die president van Iran, Ebrahim Raisi, die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amir-Abdollahian, en nog sewe mense uitgespreek.
Hulle het in digte mis in ‘n helikopter-ongeluk gesterf in die noorde van die land. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is geskok oor die buitengewone, ondenkbare tragedie wat ‘n merkwaardige leier geëis het van ‘n land waarmee Suid-Afrika sterk bilaterale verhoudings het…
Intussen het die minister van Internasionale Verhoudinge en Samewerking, Naledi Pandor, ook haar meegevoel met Iran uitgespreek na die dood van haar eweknie.