Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het bevestig dat president Cyril Ramaphosa eersdaags ‘n familievergadering gaan hou oor die krisis van beweerde voedselvergiftiging in die land.
The Citizen berig meer as 20 kinders is die afgelope paar maande oorlede en dosyne is in hospitale opgeneem nadat hulle glo versnaperinge by snoepwinkels regoor die land geëet het. Die voorvalle het skoolsnoepies in verskeie dele van Suid-Afrika gesluit en het gelei tot die instelling van ‘n interministeriële komitee om die krisis te ondersoek.
Te midde van oproepe dat die regering ‘n ferm hand oor die saak moet neem, het Ntshavheni gesê die nasie sal binnekort van Ramaphosa hoor, en het bygevoeg dat die komitee vandag vergader om die kwessies te bespreek en voorbereidings te finaliseer.