President Cyril Ramaphosa het Donderdag op werksbesoeke na die VSA en die Verenigde Koninkryk vertrek. Die doel van die besoeke is om onderskeidelik betrekkinge met Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot, die VSA, te bou, en om die Staatsbegrafnisdiens van koningin Elizabeth II by te woon. President Ramaphosa sal eerste na Washington DC in die VSA reis, waar hy met president Joe Biden gaan ontmoet. Die leiers sal Vrydag by die Withuis vergader om bilaterale, streeks- en wêreldkwessies van wedersydse belang te bespreek. Op eie bodem het die Speaker van die nasionale vergadering Woensdagaand die paneel van drie aangekondig wat moet bepaal of daar genoeg bewyse vir die parlement is om met ‘n verwyderingsproses teen Ramaphosa te begin. Die ondersoek handel oor beweerde ongerymdhede by die president se Phala Phala-wildsplaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×