President Cyril Ramaphosa het Dinsdag tydens Vrouedagvieringe in KwaZulu-Natal gesê dat vroue in Suid-Afrika deurgaans in vrees leef en dat mans die skuld hiervoor moet kry. Kortom het hy gesê vroue is bang om vrou in Suid-Afrika te wees en het bygevoeg dat die probleem by mans lê. Volgens hom spruit vroue se vrees uit die feit dat mans nie respek vir vroue het nie en dat hulle glo dink dat dit hul reg is, ingevolge hul kultuur, gebruik of geloof, om hul vroue, dogters en susters te mishandel. Hy het gesê hierdie is nie die Suid-Afrika waarvoor vroue in 1956 geveg het nie. Hulle het nie opofferings gemaak net sodat die vroue van vandag in ‘n tronk van vrees moet lewe nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×