Nie alleen het president Cyril Ramaphosa die naweek gesê Indiër, bruin en wit mense voel “uitgesluit” van Suid-Afrika se politieke landskap nie, hy het ook die skuld hiervoor op die ANC gepak.

Ramaphosa was gister ‘n spreker by die United Democratic Front, of UDF, se viering van dié party se 40ste bestaansjaar.

News24 berig die president was in vervoering oor die UDF se leuse van die vroeë 80’s –“Die UDF verenig, apartheid verdeel”.

Volgens hom is hierdie leuse met sukses gebruik om die destydse regering – of soos hy dit noem, die “onderdrukker” – te “begrawe”.

Armoede en werkloosheid is nou die “vyande van die mense”.

Hy het gesê hierdie bedreigings moet deur nie-rassigheid die hoof gebied word, “sodat ons mense beter kan leef.”

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×