President Cyril Ramaphosa sê dit is juis die “onafhanklikheid” van die land se Onafhanklike Verkiesingskommissie, wat bo verdenking moet wees, en wat ten alle koste
beskerm moet word.
Die uMkhonto weSizwe-party beskuldig die OVK van politiekery. Die OVK het ‘n dringende appèlaansoek by die konstitusionele hof ingedien, oor Jacob Zuma se naam op die MK-party se kandidatelys. Die kieshof het uitspraak ten gunste van Zuma se insluiting as party-kandidaat gelewer.
Die kommissie sê hy nader die konstitusionele hof om vrye en regverdige verkiesings te verseker, en beslis nié om by politiek betrokke te raak nie.