President Cyril Ramaphosa sê die Presidensie het niks om weg te steek nie, en nooi die parlement uit om geskikte maniere te vind om beter toesig hieroor te hou. Oproepe word toenemend gehoor vir beter toesig oor werksaamhede in die Presidensie.
Die behoefte aan beter toesig strek egter so ver terug as die Presidensie van Thabo Mbeki. Die parlement worstel steeds daarmee om praktiese en geskikte metodes van suksesvolle toesig te vind.