Die totale waarde van Suid-Afrika se Strategiese Geïntegreerde Projekte het vanaf R340-miljard in 2020 tot R540-miljard vanjaar gegroei.
President Cyril Ramaphosa het by die simposium vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad gesê dat 18 menslike nedersettings-, pad- en water- en sanitasie-verwante projekte ter waarde van R10-miljard nou voltooi is.
Volgens hom word huidige projekte op meer as R230-miljard gewaardeer, terwyl projekte ter waarde van sowat R170-miljard in verkryging is.