Aldus president Cyril Ramaphosa is moedertaalonderrig van groot belang vir onderwyshervorming. Hierbenewens reken hy dit speel ‘n groot rol in die struktuur van die
land se demokrasie.
Waar taal – volgens die president – eens ingespan is as instrument van onderwerping en onderdrukking, moet moedertaalonderrig in skole nou uitgebou word om demokrasie te bevorder.