President Cyril Ramaphosa is van mening dat sekere mense nie bereid is om die vooruitgang wat die afgelope drie dekades in die land gemaak is, te erken nie.
Die president het Donderdag in sy reaksie op die staatsrede-debat gesê hierdie mense dien slegs hulle eie politieke agendas en belange.
Netwerk24 berig opposisiepartye het vandeesweek behoorlik onder Ramaphosa en die ANC-regering ingeklim, weens ‘n mislukking om Suid-Afrika teen krisisse soos beurtkrag, swak ekonomiese groei, erg stygende werkloosheid en hoë misdaad- en korrupsievlakke te beskerm.