Die inwerkingstelling van samewerkingsooreenkomste tussen Ghana en Suid-Afrika moet nou vinnig gebeur.
Só sê president Cyril Ramaphosa, nadat die twee lande ‘n groot aantal ondernemings en ooreenkomste onderteken het, wat volgens die president in die beste belang van Ghana en Suid-Afrika se mense is. Dit tweede sitting van die Suid-Afrika-Ghana Bi-Nasionale Kommissie is gister in Pretoria gehou.
Altesaam 24 verskillende ooreenkomste is oor ekonomiese, tegniese, wetenskaplike, sosiale en kulturele samewerking bereik. Ramaphosa sê daar is egter nog ander kwessies wat ook bespreek behoort te word om bande met Ghana te versterk.