President Cyril Ramaphosa se regspan sê hy wil nie ondersoeke oor die Phala Phala-sage in gevaar stel deurdat sy antwoorde aan die Openbare Beskermer, of OB, se kantoor in die hof openbaar gemaak word nie. Dit weens die aansoek waarin die geskorste OB, Busisiwe Mkhwebane haar skorsing deur die president in die Kaapstadse hooggeregshof onwettig wil laat verklaar. Haar aansoek sal Maandag en Dinsdag aangehoor word. Luidens berigte het die waarnemende OB, advokaat Kholeka Gcalaka, ook aangedui dat sy die antwoorde wil laat verseël. Die vermeende diefstal van miljarde rande op Ramaphosa se wildsplaas Phala Phala in Limpopo in Februarie 2020, verwys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×