Die totale bevolking in Suid-Afrika word nou op ongeveer 62 miljoen geraam.

Die 2022-sensus wys volgens president Cyril Ramaphosa hoeveel vordering die afgelope elf jaar in die land gemaak is.

Netwerk24 berig die president sê egter ook die data lê dit wat nog gedoen moet word duidelik bloot.

Ramaphosa klink in sy noppies met die nuus dat die aantal mense ouer as 20 jaar, sonder enige formele skoolopvoeding gedaal het.

Die aantal mense met graad 12 het sedert 1996 meer as verdubbel het.

Byna 90% van Suid-Afrikaners woon nou in formele behuising.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×