President Cyril Ramaphosa se hoof van sekuriteit het Poolse owerhede van rassisme beskuldig.Dit kom nadat hulle toegang tot die land geweier is vanweë permitte vir hul vuurwapens. Die groep was oornag vir ure gestrand in ‘n vliegtuig op die lughawe in Warskou berig EWN. Sekuriteit en die media is nie toegelaat om uit die vliegtuig te klim nie. Ramaphosa is op ‘n werksbesoek aan Pole, Oekraïne en Rusland in ‘n poging om vrede tussen Oekraïne en Rusland te bewerkstellig. President Ramaphosa en ander Afrika staatshoofde het Vrydagoggend in Kijif aangekom en sal oor die volgende paar dae die Afrika-vredessending lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×