Óf Suid-Afrika gasheer gaan speel vir vanjaar se Augustus-Brics-beraad, bly ‘n ope vraag.
Met die Russiese president Vladimir Poetin op die gastelys, wil gissings dit hê dat ‘n ander Brics-land moontlik vanjaar se beraad kan aanbied.
Adjunk-president, Paul Mashatile, staan nou aan die spits van ‘n interministeriële komitee, soos deur president Cyril Ramaphosa gelas.
Mashatile het vanoggend gesê Ramaphosa sélf sal egter van hom laat hoor oor enige belsuite.
Die Internasionale Strafhof het vroeër ‘n lasbrief vir Poetin se inhegtenisname uitgereik, weens beweerde oorlogsmisdade wat met die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïne verband hou.
Hiervolgens móét Suid-Afrika Poetin in boeie slaan, sou hy hier voet aan wal sit.