Pres. Cyril Ramaphosa het vandag bekend gemaak dat Dipuo Peters, adjunkminister van kleinsakeontwikkeling, geskors is.

Netwerk24 berig die skorsing volg op ‘n besluit van die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange.

Die komitee het bevind dat Peters die etiese kode oortree het toe sy minister van vervoer was.

Die presidensie het in ‘n verklaring gesê skorsing geld terugwerkend van 28 Februarie en duur tot 28 Maart. Sy sal nie in hierdie tydperk haar salaris kry nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×