President Cyril Ramaphosa het minister Maropene Ramokgopa as waarnemende minister van Sport, Kuns en Kultuur aangestel.

Dit volg op Zizi Kodwa se bedanking, kort nadat hy Woensdag in die Palm Ridge-handelshof verkyn het. Kodwa staan tereg op aanklagte van korrupsie van meer as R1,6-miljoen.

Ramokgopa, ’n minister in die kantoor van die Presidensie, sal nou in die pos waarneem, totdat ’n permanente aanstelling onder die nuwe administrasie gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×