Ramaphosa ‘verwelkom’ Marikana-hofuitspraak

President Cyril Ramaphosa het nog geen ondersoek laat doen na bewerings dat twee kabinetslede betrek word by korrupsie en georganiseerde misdaad by Eskom nie, het die DA gesê. Maroela Media berig die DA wou in ‘n geskrewe vraag by die president weet of sy nasionale veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, hom op hoogte gebring het van die twee ministers wat glo betrokke is by die kartelle wat Eskom se geldkoffers stroop. Die DA wil ook weet of die name van die ministers aan Ramaphosa gegee is. Indien nie, vra die DA watter stappe die president doen om diegene wat by korrupsie by Eskom betrek word, aanspreeklik te hou. Ramaphosa het geantwoord hy is nie op hoogte gebring van die name van mense wat glo betrokke is by kartelle binne Eskom nie. Hy het gesê De Ruyter moes korrupte bedrywighede by die polisie aanmeld. Die DA het gesê Suid-Afrikaners verwag van Ramaphosa om bewerings soos dié ernstig op te neem en die ministers te skors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×