President Cyril Ramaphosa het by ander aangesluit om die DA se advertensie – waarin die landsvlag brand – te veroordeel.
Die DA staar kritiek uit talle oorde in die gesig oor die omstrede politieke advertensie vir die komende verkiesing.
Die president sê die optrede van die DA is aanhitsend en ondermyn die beginsels van demokrasie. Ramaphosa sê mense moet versigtig wees en nie vir ’n party stem wat die land wil vernietig nie.