President Cyril Ramaphosa sê die regering spreek voedselvergiftigingsvoorvalle regoor die land op die hoogste vlak aan.

Vele kinders is in die hospitaal opgeneem, en sommige is dood nadat hulle vermoedelik besmette kos geëet het wat by spaza-winkels gekoop is.

Volgens Ramaphosa sterf kinders weens die roekeloosheid en nalatigheid van dié winkels, wat gevaarlike chemikalieë op hul perseel aanhou.

LEES MEER: Die Vrystaat gaan ook die verkoop van versnapperinge binne en buite die skoolterrein verbied

Die president sê die regering werk hard om verdere sterftes te voorkom.Intussen waarsku Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Ontwikkelingsbeplanning en Eiendom, Nomadlozi Nkosi, spazawinkel-eienaars teen nie-nakoming.  Dit volg op die toenemende berigte van voedselvergiftigingsvoorvalle wat skoolkinders raak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×