Ramaphosa versoek gesamentlike sitting van parlement

 President Cyril Ramaphosa het die parlement versoek om ’n gesamentlike sitting te hou om die land se ekonomiese heropbou en herstelplan te bespreek. Die president het ’n brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, en die voorsitter van die Nasionale Raad op Provinsies, Amos Masondo, gestuur waarin hy die sitting aanvra. Dit sal aanstaande Donderdag plaasvind. Ramaphosa sê dit het tyd geword vir buitengewone maatreëls om ’n spoedige en volhoubare ekonomiese herstel te verseker.

Luister na potgooie hieronder