President Cyril Ramaphosa sê hy is steeds vol vertroue dat die regering van nasionale eenheid sal slaag.

Die president het Vrydag die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette onderteken.

LEES MEER: Bela: AfriForum gaan regstappe teen regering neem

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het nie die ondertekeningseremonie van die wet bygewoon nie. Die minister se party, die DA, het teenkanting teen die wet uitgespreek en na bewering gedreig om die regering van nasionale eenheid te verlaat as dit onderteken word.

Ramaphosa sê egter as enige party die regering van nasionale eenheid verlaat, sal hulle Suid-Afrikaners teleurstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×