President Cyril Ramaphosa het die VN, die Afrika-unie en die Europese Unie gevra om te help met die benarde situasie in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

News24 berig dit, wat volg nadat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) besluit het om sy troepe geleidelik uit die DRK te onttrek.

Ramaphosa het ná die SA-EU-beraad in Kaapstad gesê vrede en stabiliteit in Afrika is noodsaaklik.

Hy het humanitêre hulp vir vlugtelinge gevra en beklemtoon dat ‘n wapenstilstand nodig is. Die onttrekking volg op ’n spesiale SAOG-beraad ná die dood van 14 SANW-soldate vroeër vanjaar.

Ramaphosa het gesê onderhandelinge en politieke ondersteuning is nodig om blywende vrede te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×