President Cyril Ramaphosa daag Suid-Afrikaners uit om deel te wees van die oplossing van die land se probleme.

Ramaphosa het gister in Pretoria in Gauteng tydens die bekendstelling van die 30-jaar-oorsigverslag van Suid-Afrika se demokrasie gepraat. Ten spyte van drie dekades van demokrasie sê hy dat miljoene Suid-Afrikaners nog betekenisvolle verandering moet beleef. Die president het erken dat stadige ekonomiese groei, hoë werkloosheid, armoede, ongelykheid en onderontwikkeling steeds die land teister. Hy sê die regering is daartoe verbind om sy deel te doen, maar het ondersteuning nodig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×