Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, of S.A.I.D., het bewerings ontken dat president Cyril Ramaphosa en Edward Kieswetter, kommissaris van die
inkomstediens, onlangs in die geheim vergader het.

‘n Ondersoek na deelnemers en borge van die EFF se galadinee vir sy tiende bestaansjaarvieringe, was glo op die agenda.

Die EFF-leier, Julius Malema, beweer betroubare bronne het hom ingelig dat die president en Kieswetter Maandag vergader het.

Volgens Malema wil Ramaphosa skynbaar hê die inkomstediens moet ondersoek instel na die EFF se belastingrekords, en ook of die party enige saketransaksies met die regering aangegaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×