President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal sy uitvoerbestemmings verbreed nadat president Donald Trump invoertariewe van tot 30% op SA-produkte ingestel het.
The Citizen berig dat hoewel dié tariewe nou vir 90 dae onderbreek is, beklemtoon Ramaphosa vandag in sy weeklikse nuusbrief dat die regering handelsverhoudings versterk met lande waarmee daar voorkeurooreenkomste bestaan.
Hy sê Suid-Afrika bevorder as G20-leier ’n billike, inklusiewe handelsagenda en pleit vir ’n voorspelbare, reëlgebaseerde wêreldhandelstelsel.
Die 2025-begroting sluit meer fondse in vir vervaardiging en uitvoerbevordering.
Volgens Ramaphosa is ontwikkelende lande kwesbaar vir eensydige besluite en moet samewerking tussen regering, besigheid en arbeid versterk word.
Die uiteindelike doel is om werk te skep en volhoubare ekonomiese groei te bevorder.