Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om tydens Donderdag se staatsrede (die SONA) dringende hervormings uiteen te sit wat daarop gemik is om die land te help om meer werk te skep.

Die organisasie sê, volgens SABC News, bestaande beleide is nie genoeg om die krisis te help hanteer wat die land tans in die gesig staar nie.

Ramaphosa het in verlede jaar se openingsrede van die Parlement belowe om stelsels in plek te stel om te verseker dat bekwame en gekwalifiseerde mense in senior poste in munisipaliteite aangestel word.

Die Sentrum vir ontwikkeling en onderneming se uitvoerende Direkteur, Ann Bernstein, sê hulle sien uit daarna om te hoor watter vordering gemaak is om dit te bereik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×