Suid-Afrika bly glo kwesbaar vir kragonderbrekings weens onbeplande onklaarhede by bestaande kragsentrales.

News24 berig die stabiliteit van kragtoevoer is iets wat die land se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, nagte wakker hou.

Oor die naweek het een van twee reaktors by Koeberg-kragstasie onklaar geraak, wat klem lê op hoe broos die hele sisteem is.

News24 voeg by Ramokgopa is bekommerd oor hoe om die 14 000 kilometer kraglyne te finansier, wat hy voor die einde van die jaar wil hê.

Die minister van elektrisiteit het aangedui daar is steeds ‘n dringende behoefte om Suid-Afrika se kragstelsel te stabiliseer om toekomstige energiekoste en beurtkrag te vermy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×