Die minister van elektrisiteit kryt diegene uit, wat Eskom se vordering as foefie in aanloop tot die verkiesing afmaak. Kgosientsho Ramokgopa, sê die beduidende verbetering in kragopwekking, word toegeskryf aan die vrugte wat deur die regering se energie-aksieplan afgewerp word. Hy sê die amptelike energiebeskikbaarheidsfaktor oorskrei nou die 70%-kerf.
Aldus die minister is die mense wat nou mond oor Eskom wil uitspoel, die einste klomp wat nie daarin kon slaag om beurtkrag te beëindig, terwyl hulle vir die kragvoorsiener gewerk het nie.