Elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, verseker dat die huidige beurtkrag nie deur sabotasie veroorsaak is nie – maar deur tegniese probleme.

The Herald berig volgens Ramokgopa is daar geen bewyse van opsetlike ontwrigting nie en dat Eskom presies weet wat verkeerd geloop het.

Eskom het Sondagoggend fase 6-beurtkrag ingestel nadat vyf eenhede by Majuba-kragstasie en vier eenhede by Camden uitgeskakel het.

Ramokgopa sê Eskom is besig om die situasie te herstel en hy is vol vertroue dat beurtkrag teen die einde van die week verby sal wees.

Hy beklemtoon dat sy departement alle moontlike maatreëls tref om sulke tegniese probleme in die toekoms te voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×