Die Jean Webber-tehuis vir gestremde inwoners in Bloemfontein se voortbestaan is in gedrang omdat die Vrystaatse departement van maatskaplike ontwikkeling nog geen nuwe ooreenkoms met die Vereniging vir Persone met Gestremdhede vir vanjaar onderteken het nie. Die nuwe kontrakte moes in plek gewees het op 1 April met die aanvang van die nuwe finansiele jaar.

Netwerk 24 berig die staatsubsidie vir die nuwe jaar is nog nie aan die tehuis oorbetaal nie terwyl die 29 versorgers van die tehuis die afgelope twee maande nie salaris ontvang het nie. Nthabiseng Molongoana, direkteur van die Vereniging vir Persone met Gestremdehede, het gesê hulle wag dat die department op die laaste dag van April gaan betaal. Sy het gesê die tehuis kry tans skenkings en van die versorgers slaap op die perseel om kostes te bespaar.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×