Rampbestuurowerhede in die Vrystaat is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag

Rampbestuurowerhede in die Vrystaat is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na swaar reën oornag in die provinsie.

Oorstromings is reeds in die Dinanweng-gebied van die Mangaung Metro aangemeld.

Verder het swak dreineringstelsels daartoe gelei dat ‘n aantal paaie onder water is.

Die hoof van Rampbestuur in die Vrystaat, Markus Butler sê twee huise is in Rocklands-gebied ook beskadig.

Hy sê hulle gaan voort om die situasie te monitor.

Intussen word daar nog swaar reën voorspel vir die res van die dag in die Vrystaat.

Luister na potgooie hieronder