Die minister van Samewerking en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand tot 15 Februarie verleng. Die verlenging is ingevolge die Wet op Rampbestuur toegestaan. Die departement het die land se inwoners gevra om steeds Covid-19-maatreëls soos gesigsmaskers, sosiale distansiëring en die gereelde was of ontsmetting van hande te handhaaf. Inwoners is ook gevra om hulself te laat inent ten einde ‘n groepimmuniteit te kan bereik. Die verlenging tree môre in werking. Dit is die 20ste keer dat die ramptoestand met nog ‘n maand verleng word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×