Naas die 2,4%-daling van die Russiese roebel, het die Suid-Afrikaanse rand verlede week die mees beduidende verswakking getoon.
‘n Daling van 1,8% het die rand-week op R19,35 teen die Amerikaanse dollar afgesluit. Hierdie neiging duur vanoggend voort, en plaas die rand volgens Rand Merchant
Bank, op die geldeenheid se swakste vlak in meer as vier maande.
Verlede Woensdag se aanvanklike rand-verstewiging – na afloop van die begrotingsrede – het vinnig begin taan, tesame met interpretasies van die begroting se waarskynlike uitwerking op die land se ekonomie.