Suid-Afrikaanse politieke partye het ‘n gemengde reaksie op die uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur, Ebrahim Rasool, in Amerika getoon.

Die Amerikaanse regering het die naweek Rasool se skorsing uit die land aangekondig.

Die DA sê die uitsetting is jammer en doen ‘n beroep op die regering om ‘n afvaardiging na Amerika te stuur.

Aan die ander kant sê die Good-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, Suid-Afrika sal nie vanweë Amerika nie van sy waardes afstand doen.

error: Inhoud is beskerm !!